25 dae gelede
Planne vir ou dag in sy tjops oor sekspilletjies
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

MY MAN het vroeg in die jaar afgetree.

Deur die jare het ons gesels en beplanning gedoen oor wat ons op ons oudag sal maak.

Ons is albei oor die 60 jaar oud en ons kinders is al groot, uit die huis en staan finansieel op hulle eie voete.

Maar sal my man dan nie nou rammetjie-uitnek begin word nie.

Die man se volstruis was dood, dood in die bed. Hy kon nie eens meer styf word nie en deur die jare het ek maar gemaak of ek van die papperige seks hou.

Maar nou is hy op die bol. Ek het in een van sy laaie van daai sekspille gevind en hom dadelik gekonfronteer.

Sien, ek en hy het dan lankal nie meer seks nie.

Dit was ’n storie van hierdie kant toe, daai kant toe... en toe word daar gesê hy het dit vir ons gekoop.

Daar is al van die pille gebruik, maar ons het dan nie seks gehad nie.

Toe vertel hy weer ’n storie dat hy dit uitgetoets het om seker te maak dit werk.

Maar op wie het hy dit uitgetoets? Dit kan hy nie vir my sê nie.

Ons slaap nou nie meer in dieselfde kamer nie.

Ek gaan saans vroeg slaap, dan hoor ek hy is nog wakker. Saterdae gaan kyk hy sport by sy vriende, maar ek is nie meer so seker van dit nie.

Hoekom hy anyway by hulle moet gaan sport kyk, verstaan ek ook nie, want ons het dan ’n skottel.

Hy het vir hom nou ’n nuwe, smart phone gekoop en nou boer hy op WhatsApp. Dit sal my nie verbaas as die een wie hy die pille so op toets op WhatsApp is nie. – Z van H, WhatsApp

Ai, nou is ál julle oudag-plannetjies in sy tjops, nè?

Dat daar ’n slang in die gras is, glo Antie ook. ’n Slang wat weer uit die dood opgestaan het.

Maak hom skrik en sê jy soek jou cut van die oudag-geldjies. Jy sal sien hoe hop hy benoud rond as hy besef dat sy luck besig is om uit te draai.

Die realiteit van die lewe is dat julle tydjie hier op aarde (nes baie van ons s’n maar) einde se kant toe staan.

Dit is met dié reality in gedagte dat ’n mens jou tyd kosbaar wil benut saam met diegene wat die meeste in die lewe behoort te tel.

Daai pilletjies is suppose om vir jou te werk en indien nie, dan hoort dit nie in julle huis of huwelik nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters