Verlede maand
Pensioen geblaas op eks se nice times
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK EN NJ is al sewe jaar saam.

Sy is nou vyf jaar geskei nadat haar eks die skeisaak begin het. Ek self is nou nege maande geskei. Ek het altyd vir myself gesê ek gaan eers my family responsibilities nakom voordat ek gaan skei.

En dit is wat ek toe gedoen het, maar nou het dinge tussen my en NJ gechange.

Sy het my met my eks en kind in ’n mall gesien.

Ek het haar hieroor gevra en sy het erken dat sy ons in die mall gesien het.

Nadat sy my en my eks saam in die mall gesien het, het sy baie begin drink – elke naweek saam met haar sogenaamde vriende.

As ek haar gevra het of ek saam met haar kan gaan kuier, het sy altyd gesê hulle is net ’n klomp girls wat saam kuier.

Ek het toe een Sondagoggend na die huis van hierdie vriendin van haar gegaan en gesien daar hang ’n klomp mans ook daar uit.

Antie, ek het haar toe hieroor uitgevra, maar sy het my eenvoudig nie geantwoord nie.

Ek het toe ook heavy begin drink en haar oral agtervolg en gesien sy hang in shebeens uit met haar vriendin en ander mans. Ek was egter nie welkom om hulle te join nie.

By een van hierdie plekke het ek toe ’n scene gemaak en NJ was baie kwaad vir my.

Ek het opgehou drink en opgehou om haar rond te volg, maar sy het gesê dinge is verby tussen ons.

Maar fool wat ek is, het ek haar altyd steeds geld gegee, want sy ken my net as sy geld nodig het of iewers heen gevat moet word.

Nou wil ek graag weet wat my te doen staan, want ek het my werk verloor en my pensioengeld is op haar spandeer.

Ek het intussen ’n ander werk gekry en chat nie meer met NJ nie.

Maar sy wil my nie uitlos nie. Wat moet ek doen?Pensioenaris, WhatsApp

Dit was omtrent ’n mis­sion om jou brief aanmekaar te flans, want die een oomblik praat jy Afrikaans en die volgende oomblik het jy Engelse botter op jou brood.

Dis tog duidelik dat die vrou jou net gebruik.

Sy het jou uit jou pensioen gemelk en wil dieselfde met jou nuwe werk ook doen.

Die vraag is: Wanneer gaan jy wat nie meer vandag se kind is nie, jou les leer?

Weet jy hierdie meisie entertain ander meisies met jou geld?

Het jy dan in al jou jare hier op aarde nog nie geleer hoe om met uitvreters te deal nie?

Jy weier om die lesse kop toe te vat wat die lewe jou leer.

En solank as wat jy belustig agter hierdie uitvretertjie gaan wees, so lank gaan sy jou en jou geld vir ’n pop vat.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters