23 dae gelede
Pastoor wil nie sy kind buite huwelik ontmoet
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS 25 jaar oud en date ’n man van 53 jaar oud.

Ons is doodgelukkig wanneer ons saam is, maar die probleem is net hy het ’n vrou en buite-egtelike kinders by ’n ander meisie.

Antie, hy gaan kuier gereeld by hierdie meisie. Ek mind nie sy vrou nie, want hy was van die begin af eerlik met my daaroor.

Maar hy lieg aanhoudend oor die buite-egtelike kind se ma. Sy is nou weer swanger en claim dit is sy kind.

As dit wel so is, kan hy net eerlik met my wees. Daar is mos niks wat ek daaromtrent kan doen nie. M, WhatsApp

Jirretjie, wat word dan nou van die wêreld? Liefie, jy is enige jol-man en dwaal-oog man daar buite se droom.

Hulle almal wens seker nou hulle het so ’n naïewe skelmpie soos jy gehad. Iemand wat als vir soetkoek opeet, geen vrees vir vleeslike siektes het nie en absoluut geen probleem daarmee het om in ’n ander vrou se huwelik te mors nie.

Hoe kan jy “doodgelukkig” wees met ’n ander vrou se man wat niks anders as ’n manlike jintoe is nie?

Kon jy regtig nie iemand van jou eie portuur kry wat nie reeds aan iemand anders behoort nie?

Hierdie man is natuurlik net so sleg soos jy en behoort hom te skaam vir die dinge wat hy aan sy arme vrou doen.

Stop hierdie man jou dan so met geld en geskenke in dat jy soos ’n neet aan hom klou?

Jy kan nie jou geluk op iemand anders se ongeluk bou nie.

Hierdie man misbruik jou en daardie ander vroue net.

Kweek ’n slag selfre­spek, of wil jy regtig eers wakker word wanneer an’ Aida die dag aan jou deur klop?

Liewe Antie Mona

EK IS 41 jaar oud en het ’n ou gehad wat my baie seer gemaak het.

Hy het my swanger gemaak en beloof om my by te staan.

Maar toe gaan maak hy ’n kind by iemand anders ook en ek moes my kind alleen grootmaak.

Antie, deur die jare het hy nie eens een keer probeer uitvind waar ons twee is nie.

Ek het hom gesoek, want my kind wou sy pa ontmoet.

Toe ons hom opspoor, het hy gesê hy is jammer oor alles en ek moet die kind alleen grootmaak.

Ek het amper op my rug geval toe ek hierdie woorde van hom hoor.

Hy is ’n pastoor wat nie vir sy kind kan sorg nie, maar 24 jaar lank preek hy vir ander mense.

Hoe kan so ’n mens die Boodskap van God aan ander bring, maar nie vir sy eie kind sorg nie?

Dit maak my baie seer as ek dink aan wat hy aan ons gedoen het.

Ek het sy nommer in die hande gekry en toe ek hom bel, het sy vrou gedreig om my te gaan aangee.

My kind wil so graag sy pa ontmoet. Wat staan my te doen, Antie? Moedelose Ma, WhatsApp

Dit maak mos Antie se bors behoorlik warm om van so ’n sorry excuse van ’n pa te hoor.

Hy is nie ’n pa se stert werd nie, nog minder verdien hy dit om ’n pastoor te wees.

Antie weet nie of jy deur die jare probeer het om hom vir mainte­nance te dagvaar nie.

Ek neem aan jou seun is op 24-jarige ouderdom al selfonderhoudend. Dit sal moeilik wees om maintenance van hierdie ding van ’n pa te claim.

Maar wat vir my uitstaan, is dat julle nie eens geld soek vir al die jare wat hy nie sy finansiële verpligtinge teenoor jou kind nagekom het nie.

Al wat jou kind wil hê, is om sy pa te ontmoet en deur hierdie man gerecognise te word.

Maar daarvoor is hierdie man ook te sleg.

Hy, wat kamma likes ’n Godsman is, behoort beter as enige een anders te weet God slaap nie.

Hierdie wens wat hy sy eie vlees en bloed ontneem, gaan eendag in die vorm van karma dubbel en dwars aan hom uitbetaal word.

Hy gaan ’n Sassa-straf soos min dubbel en dwars kry.

Wees daar vir jou seun en sorg dat hy weet die jong man wat hy vandag is, is nie die gevolg van die halwe man wat sy pa is nie.

Hy is ’n veel, veel beter mens en man as hierdie drol van ’n pa.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters