2 maande gelede
Pastoor moet berading gee maar steek voelers uit
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK HET vroeg in laas jaar met my pastoor gaan praat oor die probleme in my huwelik.

Ek is gered, Antie, maar my man is nie.

Hy drink verskriklik baie en daar is naweke dat hy saam met sy vriende verdwyn.

Dan steek hy eers Maandae by die huis uit en dan is hy die kwaad een. So asof ék die verkeerde een was.

Ek mag hom dan nie vra waar hy was nie, want dan wil hy my kop afbyt.

Hy gaan dan sulke Maandae glad nie werk nie en is al by sy werk dissiplinêr aangekla hieroor.

Maar hoor is min.

Anyway, my pastoor het gesê hy sal met my man kom praat, maar hy het nooit sover gekom nie.

Pleks van met my man praat, het hy my begin WhatsApp om te hoor hoe dit gaan.

Dan wil hy weet wat maak ek, kan ek lekker kos maak en wat het ek aan.

Hierdie vrae laat my baie ongemaklik begin voel.

Nes ek is hy getroud, maar ek weet nou nie hoe om hom mooi te laat verstaan dat ek nie sy geselsies likes nie.

Het Antie dalk raad vir my? Ongemaklik, WhatsApp

Wat jy aan het, het niks met hierdie man te doen nie en dit is heel verstaanbaar dat sy lyn van gesprekvoering jou uncomfortable sal laat voel.

Dit klink beslis vir Antie of hy voelers uitsteek en sy luck by jou wil try.

Maar hy try dit op so ’n subtle manier doen dat dit kamma-likes onskuldig lyk en hy sy hande in onskuld kan was, as jy hieroor sou kla.

En so sal sy vrae ál hoe waaghalsiger raak totdat hy voel die tyd is ryp om jou in te katrol.

Moenie hierdie man die opportunity gee om sy spulsheid ryp te laat word nie.

Stuit hom nóú al in sy jagse spore.

As jy nie weet hoe om die issue met hom aan te roer nie, kan jy hom eenvoudig net op WhatsApp blok.

Antie dink nie hy gaan jou vra hoekom jy dit gedoen het nie, want hy behoort onmiddellik te besef dat jy nie willing is om sy jagsgeid te entertain nie.

Doen dit so gou moontlik voordat hy onder ’n wanindruk kom dat hy tóg ’n kans by jou staan.

Daar ís nog lasposte wat glo dat aanhouer wen.

Laat hom in hierdie geval verstaan dat aanhouer in sy moer moet kruip!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters