13 dae gelede
Pa wil deel van seun se lewe wees maar nie net inloop nie
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK HET ná skool in die Wes-Kaap gaan werk en was 15 jaar daar.

In hierdie tyd het ek twee pragtige seuns gemaak by twee verskillende vroue.

Ek wil graag deel van my oudste seun se lewe wees, maar ek was vir ses jaar nie ’n vaderfiguur vir hom nie.

Hy raak nou 15, maar ek weet nie hoe om die situasie te benader nie.

Moenie ’n fout maak nie. Ek wil nie net in sy lewe stap en sommer net pa begin speel nie. Ek het myself daardie voorreg ontneem.

Sy ma maak ook nie die situasie makliker nie. – Verlore Pa, Whats­App

Om op te maak vir al die flaters van die verlede gaan beslis nie maklik wees nie.

Jy brei nie veel uit oor hoekom jy ses jaar lank nie deel van jou seun se lewe was nie, maar kan dit die rede wees dat sy ma jou so ’n harde tyd gee?

Is hulle dalk moeg van jou stories en afwesigheid dat hulle moeilik sluk aan jou storie dat jy nou ’n changed man is?

Harde werk wag op jou om nie net die vertroue terug te wen van jou kind se ma nie, maar ook dié van jou seun.

Die proof lê in die pudding, soos die Ingelse altyd sê.

Onderhou jy ooit jou kind? Dra jy by tot die financial well-being van jou seun?

Dit sal ’n goeie plek wees om van weg te spring.

As jy ses jaar lank ’n onsigbare pa was, is die kanse groot dat jy vir daardie tydperk ook nie jou kind finansieel onderhou het nie.

Daar kan net vorentoe beweeg word as jy opmaak vir die dinge van die verlede waaraan jy nie aandag gegee het nie.

Geld gaan nie hulle liefde en respek wen nie. Maar deur op te maak vir die goed wat jy in die verlede neglect het, kan jy wys dat jy ernstig is om jou verantwoordelikhede na te kom.

Talk is cheap. Laat jou aksies wys jy wil ’n pa wees vir jou kind.

Jou seun en sy ma het ses jaar lank ’n muur om hulle gebou.

Dit gaan nie oornag afgebreek word nie. In fact, niemand kan sê hoe lank dit gaan vat voordat jy ’n verhouding met jou seun gaan opbou nie. Aanhouer het egter nog nooit verloor nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters