4 maande gelede
Pa speel skoonmaker, kinders kyk 7de Laan
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS gatvol vir my luigat kinders.

Ek as pa doen alles om hulle gelukkig te hou en vet te voer.

As dit saans kom by die basics soos kombuis skoonmaak, sal hulle liewers 7de Laan of Bittersoet kyk.

Gee raad, asseblief. – Raadop Pa, WhatsApp

Hou op vet voer en leer maniere.

Ons kinders is baie kere nie wat ons graag wil hê hulle moet wees nie. Dissipline is iets wat by die huis begin.

Jy kan hierdie battle wen deur die slim ouer in die verhaal te wees.

Jy is in charge.

Jy moet dit glo. En jy moet die daadwerklike leiding verskaf sodat jou kids kan sien wie in beheer is.

Die dae dat kinders net gehoor en nie gesien word nie, is lankal iets van die verlede.

Vandag se kinders verg ’n spanpoging tussen jou en hulle ma.

Saam kan julle hierdie kinders groom om in die toekoms volwassenes te wees wat julle as ouers trots sal maak.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters