17 dae gelede
Pa pay g’n papgeld oor ma nie jollery wil bely
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK EN my man is in dieselfde bediening.

My huwelik is baie storm­agtig. My man slaan my voor ons kinders.

Daar is ’n man wat my altyd moed ingepraat het en gesê het ek moet opstaan vir myself.

Ek het ’n interdik teen my man uitgeneem en die ding met die ander man het van die een ding na ’n ander gelei.

Ons het ’n seuntjie saam. My man weet nie dis nie sy kind nie.

Die ander man het my die wêreld belowe en gesê hy gaan sy vrou vir my los.

Só beloof hy ook om vir ons kind geld te stuur, maar hy kom nooit so ver nie.

Wanneer ek hom probeer bel, is sy phone af.

Maar wanneer hy verleë is, dan ken hy my.

Hierdie man en sy vrou is 29 jaar getroud. Ek is al 10 jaar getroud.

Ek het nie geweet dat hierdie man in die verlede ook al met ander vroue deurmekaar was nie. Sy vrou weet van al sy dade.

So het ek toe deur my domgeid met hom deurmekaar geraak en swanger geraak.

Agterna moes ek uitvind hy is die grootste leuenaar op hierdie aarde.

Hy het my kop warm gemaak met beloftes wat hy toe nooit nagekom het nie. Ek is vandag oor baie dinge baie spyt. Wat staan my te doen?

Moet ek hierdie man in sy glory stuur? Deurmekaar, WhatsApp

Hoekom sal hierdie man sy kind support?

Hy kry dan lekker, want ’n ander man maak sy kind groot. Jou man.

Jou man wat nie eens daarvan bewus is dat die kind nie syne is nie.

Jou man was ’n etter deur sy hande vir jou te lig, maar pleks van comfort in ’n ander getroude man se arms te gaan soek, moes jy hierdie man van jou gelos het. Om met ’n getroude man deurmekaar te geraak het, moes nooit aste nimmer die antwoord gewees het nie.

Wat jy in gedagte moet hou, is dat die waarheid altyd uitkom.

Die een of ander tyd gaan die bom bars en dan gaan alles op die lappe kom.

En dan wonder jy nog of jy hierdie man in sy glory moet stuur?

Vrou, jy moes hulle albei lankal uit jou lewe gekry het – voordat jy alles loop staan en kompliseer het.

Na regte is jou kind se biologiese pa veronderstel om hom te support, maar hy weet jy gaan hom nooit hof toe sleep nie, want dan gaan julle dinge op die lappe kom.

Al way hoe jy hom sover sal kry om sy verantwoordelikhede as pa na te kom, is om die waarheid die lig te laat sien.

Maar is jy bereid om so ’n kans te waag?


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters