3 maande gelede
Pa mag nie meer kind sien ná uitval
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

MY SEUN het verlede jaar klaargemaak met matriek.

Hy was 17 jaar oud en die gr. 11-meisie ook. Daar is ’n babaseun gebore.

Die meisie is nou in matriek en my seun wil verder studeer.

Ek kyk van geboortetyd na die baba. Hy is nou ag maande oud.

My seun het nou drie maande gecasual en goeie geld verdien. Hy het uit sy pad gegaan om vir die baba te sorg.

Nou het hulle ’n uitval gehad en hou die meisie die kind weg van my seun. Hy mag hom nie meer sien nie. Hier is nog baie babagoed wat ons gekoop het, maar sy weier om dit te vat.

Moet my seun hof toe gaan sodat hy sy baba kan sien? – Bekommerde Ouma, WhatsApp

Dit is altyd hartseer as ’n couple opbreek en hulle kind dan as ’n speelbal gebruik word om die ander party te spite.

In dié geval is daar ’n absolute gebrek aan maturity – juis omdat kinders hier ’n kind grootmaak.

As die biologiese pa van hierdie kind het jou seun regte.

Hy kan nie net weggehou word van hom af nie.

Sit die bal aan die rol deur die kinderhof-afdeling van julle naaste hof te besoek.

Begin die proses dat jou seun toegang tot sy kind kan kry.

Hy moet ’n rol speel in sy kind se upbringing en kan nie daarvan weerhou word nie. As die ma nie wil saamspeel nie, sal die hof haar tot ’n reëling bind.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters