Verlede maand
Outjie wil getroude vrou nou by haar man afvry
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS van Macassar en is verlief op ’n getroude vrou.

Ek is baie jonger as sy, maar sy likes praat en ons sien mekaar gereeld in die dorp.

Sy lyk nog baie goed vir haar ouderdom.

Hoe kan ek maak om vir haar te sê ek smaak haar, sonder dat haar man uitvind?

Hy is ’n langpad-trokdrywer. Gee raad, asseblief. Verlief van Macassar, WhatsApp

Baie jong mans fantaseer een of ander tyd oor ’n ouer vrou.

Maar vir baie bly dit net dit – ’n fantasie. Die lewe het meer as genoeg drama om jou ook nog daarmee te bemoei.

As sy vriendelik met jou is en altyd met jou gesels, is die verduideliking daarvoor heel logies: Sy is van nature ’n vriendelike mens.

Moenie vir een oomblik dink sy gaan kans sien vir ’n fling terwyl haar man kliphard die lang paaie ry om vir sy gesin te sorg nie.

Kyk net hoe sy minder vriendelik is en hoe sy nie weer met jou gaan gesels nie as jy haar try boul.

Laat hierdie fantasie van jou ’n stille, onskuldige dood sterf.

Kry vir jou ’n meisie. Iemand vir wie jy genuinely lief is en nie net binneboud mee wil lê nie.

G’n vrou is in hierdie lewe enige man se fantasie-masjien nie.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters