15 dae gelede
Outjie verneuk sy 'huisvrou' met vriendin
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS 27 jaar oud en het ’n 22-jarige outjie ontmoet.

Ek is alkante sy huisvrou en so aan, maar weet darem nie so mooi nie.

Sien, hy belowe my die maan en die sterre. Gisteraand toe vang ek hom cheat met ’n vriendin van my.

Nou wat staan my nou te doen, Antie? Moet ek hom los? Moet ek hom laat gaan?

Ek wil ook nie dit doen nie, want hy beteken die wêreld vir my. Hy laat my goed voel oor sekere dinge en ons sekslewe is goed.

Jirre, help my tog asseblief, antie Mona. – J van W, Whats­App

Alkante sy “huisvrou” sonder ’n ring aan die vinger.

Liefie, toe jy hom saam iemand anders gevang het, het jy met jou eie oë gesien niks gaan kom van die maan en sterre wat hy jou belowe het nie. Jy mag dalk dink dat hy jou wêreld is, maar dis tog duidelik dat hierdie man nie dieselfde oor jou voel nie.

Hierdie gaan die begin van baie verneukery wees en jy kan wraggies nie eens wil wakker skrik as hy jou met een of ander vleeslike siekte aangesteek het nie. Cut jou losses en move aan. Dit gaan jou nog sommer baie trane spaar.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters