2 maande gelede
Outjie verkies 'skin-on-skin'
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS 17 en my boyfriend 19 en ons gaan nou al sewe maande uit.

Antie, ons het al ’n hele paar keer seks gehad en daar was ’n paar keer dat ek gedink het ek is pregnant.

Ek wil hê my outjie moet condoms gebruik, maar hy sê skin on skin is die lekkerste.

Hoe kan ek hom convince? – R van G, WhatsApp

Van “skin on skin” gaan jy nog die langste van trane huil. Jy dobbel met jou toekoms.

Tot dusver was jy net lucky.

Maar pleks van ophou, gaan julle voort. En as jy nie wil hoor nie, gaan jy voel. Om kind groot te maak is beslis nie kinderspeletjies nie.

Daar’s nie net die risiko van swanger raak nie, daar’s ook seksueel oordraagbare siektes, want jy weet nie met wie jou boyfriend almal “skin on skin” speel nie.

Maak nie saak wat jou boyfriend sê nie, jou opinie behoort meer te tel. As jy nie gemaklik hiermee is nie, behoort jy hom so te sê en op te hou om hom te please.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters