10 dae gelede
Outjie vat my geld af, gee nie eens taxi fare
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS Z van PE en het u raad nodig.

Ek gaan nou al twee jaar uit met C. Alles was cute en sweet aan die begin (soos altyd maar).

Ons bly op die oomblik saam by sy ouers, maar ek is op soek na blyplek vir myself.

C wil my lewe control en ek kan dit eenvoudig nie toelaat nie. Dit voel asof hy my versmoor met die dinge waarmee hy besig is.

Hy weier dat ek sonder hom uit sy ouers se huis trek.

Hy vat my geld waarvoor ek hard werk, hy gee nie om of ek taxi-geld het vir werk toe gaan nie en dan stry hy asof ek my eie geld vat.

Ek steek dit baiekeer weg, maar hy vind dit op ’n manier. Ek weet self nie hoe nie. Dan maak hy asof ek mal is.

Hy gun my vir niemand. Ek mag nie vriende hê nie, want volgens hom is hierdie vriende glo sleg.

Verloor

My familie probeer uitreik na my, maar hy laat dit nie toe nie.

Ek is besig om my familie te verloor deur hom.

Hy gaan deur my boodskappe op WhatsApp en Facebook en dan wil hy weet wie al die mense is. Dan voel dit asof ek in die hof ondervra word.

Ek het ’n paar maande gelede uitgevind hy gebruik weer dwelms nadat hy my verseker het hy het dit laas gebruik voordat ons begin date het.

Ek skryf hierdie boodskap aan Antie, want ek’s regtig ongelukkig.

Ek weet nie meer wat om te doen nie. Ek is regtig lief vir hom.

Hy het verlede jaar propose en die derde keer het ek ja gesê.

Ek het gesê as hy nie sy dinge gaan laat staan nie, gaan ek loop.

Maar dit skrik hom nie eens af nie. Z van PE, WhatsApp

Liefie, jy is nie in ’n verhouding nie, jy is in ’n tronk.

Een waar jy dag en nag dopgehou word deur hierdie control freak van ’n boyfriend.

Hierdie man maak hom al hierdie dinge wys met die goed wat hy rook.

Hy is ’n besitlike, paranoid dief wat jou besteel en jou weghou van mense wat lief is en omgee vir jou. Hoeveel meer redes het jy nodig om uit die verhouding te kom?

Hier moet dit nie oor liefde gaan nie, maar oor common sense.

En common sense behoort jou te sê dat daar niks goeds in hierdie ou of verhouding skuil nie.

Op die ou einde gaan dié man net die een verlies ná die ander in jou lewe bring.

Dit is dalk nie wat jy wil hoor nie, maar jy moet so gou en so ver moontlik van hierdie obsessiewe ou wegkom.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters