18 dae gelede
Outjie move verder van langafstand-verhouding
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK WAS in PE in ’n langafstand-verhouding met ’n outjie van Knysna van ons laerskooldae af.

Antie, toe ek in 2017 terugkeer van Knysna af, het ek ontdek dat hy aanbeweeg het met sy lewe.

Hy het glo ook ’n baba op pad. Ek sukkel om aan te beweeg, want ek is nog baie lief vir hom omdat ons mekaar se eerste liefde is.

Ek weet hy dink nog aan my, want hy kom soms na my huis toe en sê hy sal my nooit uitlos nie.

Hoe kan ek nou maak, Antie? Want ek het geen kinders nie en ek is nog baie lief vir hom. N van PE

Liefie, jy sal nie kan aanbeweeg solank hy nog kom kuier en jou sê dat hy jou nie gaan uitlos nie.

Hy was die een wat nie vir jou gewag het nie en besluit het om aan te beweeg.

Hy is die een wat ’n baby op pad het en vir wie hy sal moet sorg.

Hierdie man smokkel met jou kop en jou gevoelens.

Hy weet maar alte goed dat jy nog ’n soft spot vir hom het en hy wil sy kanse by jou oop hou.

Wil jy regtig jou lewe kompliseer deur deurmekaar te raak met ’n ou wat responsibilities het wat sy aandag makeer?

As dinge nie reg gaan loop tussen hom en sy meisie nie, gaan hy na jou toe hardloop, want jy is sy second option.

Vat jouself uit die prentjie uit. As jy nie ’n man se first choice kan wees nie, is dit glad nie nodig dat jy sy geselskap hoef te entertain nie.

Jy gaan mos nie iemand anders ontmoet as jy vasklou aan die verlede nie.

Nie almal se first love word eventually die een met wie hulle die res van hul lewe spend nie.

Liewe Antie Mona

EK EN my vrou sit met ’n groot probleem.

My vrou het ’n foster care-kind. Hy was ’n FAS-baba.

Hy is nou 18 jaar oud en doen verkeerde dinge.

Ek en my vrou is maar nou sewe jaar getroud.

Hy sien goeters wat nie bestaan nie en wil elke keer die gangsters gaan haal vir my as ek probeer om hom te help, want hy maak sy ma siek.

My vrou is nou reeds oor die 60 jaar oud.

Ons bel aanmekaar die polisie, maar hulle kan nie help nie.

Die social workers wat hom destyds na my vrou gebring het, sê hulle kan ook nie help nie, want hy is al 18 jaar oud.

Kan Antie vir ons raad gee, asseblief? Moedelose Man

Dit is al meer as 40 jaar gelede toe bepaal is watter skade ’n baba kan opdoen wanneer ’n vrou tydens haar swangerskap drink.

Vandaar die diagnose FAS, oftewel fetale alkohol-sindroom, by die babas waaraan so ’n drinkende ma die lewe skenk.

Wat jou vrou destyds uit die liefde van haar hart gedoen het, het nou ’n nagmerrie uitgedraai.

Dis nie reg dat sy op haar ouderdom geterroriseer word deur ’n jong wat waarskynlik ook nie weet hoe om met sy toestand saam te leef nie.

En dit help ook nie veel dat die mense wat destyds geweet het waar jou vrou bly en haar genader het om die kind aan te neem, nie nou uit die water staan nie.

Sonder ondersteuning gaan julle sukkel om die mas op te kom.

Niemand kan van julle verwag om in konstante fear te leef en gedurig met gangsters gedreig te word nie.

Die Foundation for Alcohol Related Research (FARR) het ’n ondersteuningsgroep wat mense met FAS struggles help.

Bel hulle by 021 686 2646 en hoor of hulle kan help.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters