14 dae gelede
Outjie maak my sleg by mense ná ons opbreek
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS C van B en het ’n outjie gehad, maar het opgebreek omdat hy my verneuk het.

Noudat ek hom nie meer het nie, maak hy my sleg by ander outjies, vriende en die meisie wat hy nou het.

Gee raad, asseblief. – Teleur­gestelde Eks, WhatsApp

Duidelik ’n geval van suur druiwe van jou eks se kant af.

Suur druiwe en bekers vol kinderagtigheid.

Dit is maklik om te sê dat jy jou nie aan hierdie liegstories moet steur nie, maar dis jou reputasie wat op die spel is.

Jy weet egter wat die waarheid is en hopelik sien almal hom vir die liegbek wat hy is.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters