4 maande gelede
Outjie kekkel naweke maar op mute in die week
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK’S BYMEKAAR met I van Atlantis en heelweek is hy mute, maar naweke maak hy mal.

Hy kekkel aaneen. So, ek soek dringend raad. Ek is naweke al bang om huis toe te kom, want hy wag my in.

Die man drink gevaarlik, en ek kan net nie meer daarmee deal nie. Hy bly my verdink met my baas.

Ek wil hom los, maar saans wanneer ek tuis kom, is hy daar.

Hy kla oor my by sy ma en hou daarvan om stories aan te dra, maar eintlik is hy ’n lost case.

Weet Antie nie van slaappille wat werk nie? Want hy ken nie van ophou babble nie. Daar is ook geen romance nie. Hy praat, praat en praat net ’n onnodige klomp k*k. – Gatvol van Babbelbekkie

Darem kommunikeer julle in ’n way, want hy praat sommer namens julle albei.

Maar seriously, niks keer jou om dinge te beëindig nie, of hou hy ’n babbelende gun teen jou kop?

Hoe meer jy vir hom sê – dis nou as jy ’n woord kan inkry – dat jy nie meer in hom belang stel nie, hoe groter is die kanse dat hy die boodskap eventually sal kry.

As jy moeg is vir sy dronkstories, sê dit dan vir hom.

Hoekom wil ’n mens by iemand wees as die romance lank al nie meer kekkel nie?

Vergeet slaappille. Kry vir jou ’n slag maak-plak-vas-pille.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters