22 dae gelede
Outjie gaan nêrens saam met girlfriend
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK EN my boyfriend is nou vyf jaar bymekaar.

Daar is niks verkeerd met ons verhouding nie, maar hy wil nooit êrens saam met my gaan nie.

En as hy iewers heen gaan, vat hy my nooit saam nie.

Daar is een vriend van hom wat hom altyd kom optel en hy sal my nooit vra of ek saam met hom wil gaan nie.

Hierdie vriend se vrou en kinders gaan saam, maar ek mag nie.

Nou wonder ek of hy nog lief is vir my en of hy my nie net gebruik nie.

Ek werk en hy werk nie. Ons moes na ’n begrafnis gaan.

Toe ek vra of hy saam met my en my suster-hulle gaan ry, toe sê hy dat hy met sy vriend gaan.

Dit voel vir my asof hy nie saam met my gesien wil wees nie.

Ek is nie ’n lelike meisie nie, maar dit pla my dat hy nie iewers saam met my wil gaan nie.  Ongelukkig, WhatsApp

Haai nee, is jy dan sy staatsgeheim dat hy nie met jou gesien wil wees nie?

Meisa, nee. Jy kan nie dinge so laat aangaan nie.

Jy is goed genoeg om sy mond oop te hou, maar nie goed genoeg om in sy vriendekring te beweeg nie?

’n Couple hoef darem regtig nie 24/7 mekaar se asems in te asem nie, maar as sy meisie behoort jy hom na ander events toe ook te vergesel.

Roer die onderwerp aan en dring daarop aan dat hy jou beter moet treat.

Anders sal jy regtig moet besin of dit worth it is om in hierdie verhouding te bly.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters