2 maande gelede
Ou worry of vrou weer met streke begin het
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK EN my vrou is 12 jaar getroud, maar in hierdie tyd het sy my al met drie mans verneuk.

Dis nou drie mans van wie ek weet.

Elke keer sê sy maar net sorry en sy weet nie wat haar makeer het nie.

’n Tyd lank het sy haar gedra, maar ek kom agter sy is al weer geheimsinnig met haar foon.

Die ding moet orals saam met haar gaan en sy slaap glad daarmee onder haar kopkussing.

As ek net na haar foon kyk, raak sy kriewelrig.

Ek het haar gevra of sy weer met haar streke begin het, maar sy stry.

Volgens haar is sy in ’n WhatsApp-groep met kollegas. Maar ek weet sy lieg en dit is ’n matter of time voordat die bom weer bars.

Ek is al so moeg van sukkel met haar, maar ek dink aan ons kinders wat nog baie jonk is.

As dit nie vir hulle was nie, het ek hierdie vrou lankal gelos.

Ons het anyway niks meer in common nie, praat net oor dinge wat die kinders concern en verder lê ons soos suster en broer langs mekaar in die bed.

Ek weet regtig nie meer wat om te doen nie. Hartseer Man, Whats­App

Om elke keer polisieman te wil speel wat jou vrou se hoereerdery ondersoek, is nie die antwoord nie.

Dit klink dalk kras, maar Antie vermoed jou vrou is eerder in ’n tipe hoer-WhatsApp-groep as wat sy besig is om met haar kollegas te chat.

Sy weet nie wat haar makeer om elke nou en dan met ander mans te slaap nie? Haar onderlyf jeuk vir sleg wil wees, dís wat haar makeer.

Hoeveel keer gaan jy nog haar “sorry” aanvaar?

Hoe lank gaan dit jou vat om te besef dat jy en die kinders meer verdien en dat hierdie vrou niks vir julle voel nie?

Anders sou sy jou mos nie so skaamteloos verneuk en verneder het nie.

Daar behoort ’n tyd te kom dat jy moet terugstaan, goed na jou situasie kyk en besef dat hierdie slegte vrou net ’n verlies in jou lewe is.

Sy weet sy kan hoer en rumoer nes sy wil, want jy vergewe haar elke keer.

En so lank as wat jy haar met haar dinge laat wegkom, so lank gaan sy net aankap met haar dinge.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters