21 dae gelede
Ou wil sy hart uitstort teenoor girl
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS Anoniem van A en is verlief op ’n vrou in S.

Die probleem is sy het ’n saamleefman, maar ek wil haar graag sê dat ek gevoelens vir haar het.

Dink Antie ek moet dit maar los? Ek sal ook nie haar ou ’n rat voor die oë wil draai nie. – Anoniem van A, WhatsApp

Die vrou bly alreeds saam met iemand. Met ander woorde, sy is in ’n committed relationship.

As jy nou regtig in die mood is om dinge tussen julle te kompliseer, moet jy haar van jou feelings vir haar vertel. Nêrens noem jy daar is ’n moontlikheid dat sy ook dalk feelings vir jou kan hê nie.

So, wil jy regtig so ’n kans waag?

Antie is seker iewers daar buite is daar ’n vrou vir jou wat nie soveel drama in jou lewe sal veroorsaak nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters