Verlede maand
Ou wil niks sê oor kind se ma wat nader trek
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK HET ’n outjie en ek is baie lief vir hom.

Ek het onlangs uitgevind hy het sy kind se ma hier kom laat bly.

Antie, ek likes dit glad nie en het hom gevra of hulle mekaar weer het.

Maar hy antwoord my glad nie en praat die storie dood. Hy sê hy is lief vir my en wil my nie verloor nie.

As ek hom oor sy kind se ma uitvra, raak my kwaad en ignoreer my texts.

Hy bly sê ek moet op ons twee fokus. – Moedeloos, WhatsApp

So, bly hierdie kind se ma nou in dieselfde dorp of stad? Of huis? Het hy hulle nader laat bly om nader aan sy kind te wees?

Hierdie is vrae wat hy behoort te beantwoord, pleks van om jou boodskappe te ignoreer en kwaad te raak as jy die issue aanroer.

Kyk, jy het geweet waarvoor jy jou inlaat toe jy besluit het om ’n ou te date wat reeds ’n kind het. Waar daar ’n baby mamma iewers in die shadows lurk, gaan daar altyd drama wees.

Dit kan egter nie van jóú verwag word om in die donker te bly oor waar jy nou in die prentjie pas nie.

As hy jou nie kan sê wat klap vir wat nie, is dit dalk tyd om hierdie verhouding se deur toe te klap.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters