2 maande gelede
Ou vol woede na vrou in 'hoer' verander
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK BLY in V en was ’n mooi paar jaar met my vrou getroud.

Nou is ons uitmekaar oor haar slegte maniere en oor sy haar oë grootgemaak het vir ander mans se geld.

Ek wil net vir die Rasta sê wat sy nou het: Ek bou nie op ander mense se ongeluk nie.

Ek het die dinge stopgesit dat mense haar nie meer kan verkoop vir drugs nie.

Haar eie ouers het dit ook gedoen, nou is ék die bad een in die verhaal.

Haar ouers hou hoerhuis vir haar met enige man.

Sy verkoop haarself tot op Facebook. Vir die mans wat met haar slaap, wil ek net sê: Ek model nie met ’n ander man se hoer nie. – via WhatsApp

Sjoe, maar jy is darem kwaad!

Jou brief was só lank dat dit eintlik ál Ena Murray se omnibusse skaam sou maak.

Ongelukkig het Antie besluit om nie jou hele woede-psalm te plaas nie.

Ek het dadelik agtergekom dat jy kwaad is en almal links en regs wou swak maak.

Ongelukkig is hierdie nie so ’n platform nie.

Nie almal is hêppie as ’n verhouding of huwelik skeefloop nie.

Maar daar is ’n volwasse en eerbare way hoe dinge benader moet word.

Jy kan nie na ’n vrou as ’n “hoer” verwys nie.

Dit wys onmiddellik jou disrespect vir vroue in general.

Jy en jou vrou se huwelik is in die ashes. Maak maar vrede daarmee en leer om peace met jou woede te maak voordat jy ’n stroke­ of ’n ding kry.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters