12 dae gelede
Ou verloor goeie vrou oor hy eks nie kan vergeet
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS ’n 30-jarige man en doodverlief op ’n ouer vrou.Sy is 44 jaar oud en is soos ’n engel wat op my neergedaal het.

Ons ken mekaar al ’n jaar lank, maar sy voel nie dieselfde soos wat ek oor haar voel nie.

Sy was die eerste twee maande mal oor my. Totdat ek haar van my eks vertel het.

Ek het ook gesê ek wil nie daardie tyd met haar in ’n verhouding wees nie omdat ek eers oor my eks wou kom.

Antie, ek het k*k gemaak, want net daardie dag toe verander haar gevoelens teenoor my.

Ek doen alles om haar terug te wen, maar elke dag dryf sy verder weg van my. Ek weet nie meer wat om te doen nie.

Niemand het my al ooit so goed behandel soos sy nie. Sy is sag, kyk nie neer op my nie en laat my nie useless voel nie.

Sy het na my gekyk asof ek ’n superstar is, maar nou kyk sy nie eens meer na my nie.

Ek kan nie eens meer vir haar gaan kuier nie. My lewe staan stil sonder haar.

Dit voel asof ek van my kop af gaan raak as ek haar met ’n ander man moet sien.

Ek ry glad op en af verby haar huis, net om seker te maak daar kuier nie ’n ander man by haar nie. – Moedeloos, WhatsApp

Jy kan niemand anders as jouself blameer nie.

Jy het jou eie blok benoud gemaak. Waar het jy nou al gehoor jy loop en vertel vir iemand wat jy likes jy is nog nie oor jou eks nie?

Nou het jy jou eie paadjie so toegekap dat die vrou nie meer belang stel nie. Maar pleks van haar besluit respekteer, gaan jy toe huis toe en trek jou stalker jacket aan.

Wat dink jy gaan gebeur as sy ’n beskermingsbevel teen jou kry? Besef jy dat jy besig is om ’n obsessie te ontwikkel wat jou in die mang kan laat beland?

Gee haar space. Jy’t erg drooggemaak. So, laat tyd nou die job doen.

As jy dalk minder ’n oorlas van jou maak, gaan sy jou begin mis en nog ’n kans gee. Allow die vrou om op haar eie asem te haal, kanalla.

Hoe meer jy probeer om jou blaps reg te maak, hoe meer wim maak jy net jou kans by haar.

Petrol raak al hoe duurder. Hou op om so al jou petrol net in haar straat uit te ry.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters