12 dae gelede
Ou spyt omdat hy kêrel oor rumours los
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK EN my eks-kêrel was drie jaar en sewe maande saam.

Ons het ’n paar maande gelede opgebreek.

Ek het hom gelos omdat ek begin goete hoor het van hom, soos dat hy op my cheat.

Ek het myself begin opbou en net uitgebars in trane van kwaad wees.

Ek het begin sleg voel daaroor dat ek hom net so gelos het sonder om te praat oor dit of om te hoor of dit die waarheid is.

Ons is nou drie maande nie meer saam nie. Soos tyd aangegaan het, het ek afgekom op oulike foto’s van hom en sy nuwe outjie.

Ek en sy nuwe kêrel is in kontak, maar ek dink nie hy hou van my nie omdat ek die eks is.

Maar die punt waarop ek wil neerkom, is ek is nog baie lief vir hom en ek weet nie wat om te doen nie.

Ek voel baie sleg daaroor dat ek hom net so gelos het, sonder om uit te vind of dit die waarheid is of nie.

Kan Antie my dalk help, asseblief? B van C

Soos jy nou agtergekom het, kom spyt altyd te laat.

Maar wie sê daai stories was anyway hoeka nie waar nie?

Want hier sit hy dan in ’n relation­ship terwyl jy nog aan’t treur is.

Hoe dit ook al sy, gedane sake het nie brieke nie.

Jy verlang nou wel kliphard na hom, maar dis tog duidelik dat hy aanbeweeg het.

Daar is nou nie meer tyd vir die “what ifs” van die lewe nie.

As hierdie ou anyway nog in julle verhouding geglo het, sou hy daarvoor geveg het en nie so vinnig in die volgende relationship-karretjie gespring het nie. Nie ná drie en ’n half jaar saam nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters