11 dae gelede
Ou soek werkesel se details
Auntie Mona
Auntie Mona  ~ ~

Liewe Antie Mona

EK IS D van L en reageer op die brief van daai dame wat so 24/7, 365 dae ’n jaar werk.

Sy kerm dat sy single is en al haar vriendinne het boyfriends.

Dame, drop gerus jou details en ek sal terugkom na jou toe. – D van L, WhatsApp

Haai, my jinne! Hoekom klink jy dan nou soos ’n voice mail record­er?

Mens, as jy iemand se belangstelling wil kry, is hierdie beslis nie die way om te werk te gaan nie.

En, mind you, hierdie meisie het nie gekerm oor haar situasie, soos jy dit stel nie.

Nes ons almal hunker sy ook maar net na ’n bietjie liefde en daarna om verlief te wees.

Moenie nou kom voorgee jy is die oplossing vir hierdie girl se issue nie.

Antie kan jou guarantee niemand in hierdie lewe het ’n begeerte om met ’n voice mail-boodskap uit te gaan nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters