10 dae gelede
Ou soek hulp met sy besigheid
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK WIL graag weet waarheen ek vir hulp met my besigheid kan gaan.

Ek is ’n entrepreneur en bou en pleister huise.

Ek employ nou 50 mense (wit, swart en bruin). Maar dit voel asof die government my met niks help nie.

Die mense van die NHBRC (National Home Builders Registration Council) soek net geld vir stamps, maar niemand help my met my besigheid nie.

Kan u my verwys na wie ek kan gaan om hulp te kry om my besigheid te laat groei, asseblief?

Ek het registrasies en als, maar maak staat op privaat mense wat huise bou. Hoe maak ek om by government-projekte in te kom?

Almal praat van entrepreneurskap, maar niemand kom so ver om my te help nie. Entrepreneur, Whats­App

Menige entrepreneur sê hoe moeilik dit is om ’n voet in die deur van ’n besigheidsgeleentheid te kry.

Veels te dikwels gaan dit oor wie jy ken en vir wie jy eers in ’n donker stegie ’n brown envelope in die hand moet stop. Jou besigheid is geregistreer en jou bedrywighede is legit.

Laat registreer jou besigheid op jou plaaslike munisipaliteit se databasis vir projekte waarby jy betrokke kan raak.

Gaan sien sommer ook die persoon in charge van die bou-afdeling en hoor wat alles van jou verwag word om tenders by jou munisipaliteit te kan insit.

Moenie moed opgee nie. Alle deure in die lewe kan nie vir jou toe bly nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters