17 dae gelede
Ou smaak nie meer in friendzone wees
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS nou al jare close vriende met ’n meisie wat my net as haar broer sien.

Ek is altyd daar wanneer sy my nodig het.

Especially wanneer ’n ou haar hart gebreek het.

Dan is ek die een op wie se skouer sy huil.

Sy deel al haar drome en geheime met my. Sy sal sommer in my flat op dieselfde bed as ek slaap.

Maar dan gebeur daar niks tussen ons nie.

My moeilikheid, Antie, is dat ek graag wil hê daar moet iets tussen ons gebeur. Ek het ’n crush op haar en smaak haar nou al jare in die geheim stukkend.

Wil Antie my sê sy het dit nog nie agtergekom nie?

Hoe gaan ek te werk om haar te oortuig dat ek die regte ou vir haar is en dat ek haar nooit sal teleurstel nie? Boeta van C, WhatsApp

Die verhouding wat hierdie meisie tussen julle sien, is een van suster en broer.

Jy is haar go-to guy wanneer sy probleme het.

’n Goeie, goeie vriend – dís hoe sy jou sien.

Ongelukkig is nie alle goeie vriende goed as lovers nie.

Daar is niks met ’n mooi vriendskap verkeerd nie.

Maar dinge raak complicated as een van die twee vriende feelings vir die ander een ontwikkel, soos in jou geval.

As jy jou mond oopmaak en haar presies sê hoe jy oor haar voel, is daar die risiko dat so ’n bekentenis van jou kant af die einde van julle vriendskap kan beteken. En dís nie die plan nie.

’n Beter aanslag is om jou sjarme te gebruik. Laat haar self agterkom jy is mos ook ’n outjie wat ’n kans verdien.

Hou jou snaaks en terg haar ’n bietjie.

Maar moenie die ding force nie, anders is julle albei ’n mooi vriendskap kwyt.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters