6 maande gelede
Ou se vriendin is vyfde wiel aan die wa
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS so deurmekaar en weet nie meer wat om te doen nie.

Ek en my outjie gaan al vier jaar uit en het laas jaar ons baba verloor.

Maar vandat hy met ’n vriendin van hom begin chat het, is dinge anders.

Hy deel die dinge wat in ons verhouding gebeur met haar.

En alles wat ons beplan, moet sy van weet.

Ek het al met hom daaroor gepraat, dan bly hy vra of ek jaloers of mal is. – Hartseer Meisie, Whats­App

Antie wil eerstens jammer sê met die verlies van jou baby.

Ek weet dit is ’n seer wat eintlik nooit gesond raak nie.

Julle het nie ’n vyfde wiel aan jul verhouding se wa nodig nie.

Daar is kwessies wat julle as ’n couple saam moet uitsort en dit help nie jul sake word met iemand anders bespreek nie.

Jy bevind jou in ’n moeilike situasie, want hy sien niks verkeerds aan wat hy doen nie. Maar uiteindelik gaan dit groot probleme in jul verhouding veroorsaak.

Hy kan of wil nie sien watter skade daai vriendskap van hom aan julle verhouding aanrig nie.

Aan die einde van die dag kom dit neer op ’n vraag wat jy jouself moet afvra: Maak deesdae se gestry en vassit dit nog die moeite werd om in hierdie relationship te bly?

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters