16 dae gelede
Ou se skelmpie by werk bedreig nou sy huwelik
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK HET voor die lockdown ’n ding aangehad met ’n kollega van my, en sy maak my lewe nou hel.

Antie, ek het nie gevra vir hierdie ding om te gebeur nie.

Ek het deur many troubles in my lewe gegaan en om dinge nog moeiliker te maak, was my vrou k*k lui in die kooi.

Toe was my kollega daar vir my. Sy is ook getroud, maar ons het een middag in die kombuis net aan die gesels geraak en toe besef ons ons sit basies in dieselfde boot.

Sy het ’n luisgat-man wat nie wil werk nie en net ’n minuut op die job is, dan kom hy.

Ek sit weer met ’n vrou opgeskeep wat nie wil afgee nie en wie se werk haar permy moeg maak.

So het ons toe maar begin om mekaar raad te gee en mekaar te bemoedig.

Ek moet sê, ons het nogal baie close geraak.

Een dag, uit die bloute, het sy my net gesoen.

Ek was geskok, maar het haar teruggesoen. Sy het gesê sy het feelings vir my en al het ek geweet ek voel nie dieselfde nie, het die ding in my broek ’n ander storie vertel.

Ons het daai selle aand geseks, Antie. Vir maande daarna het ons skelmpies ontmoet vir stomende sessies.

Dinge het so uitgedraai, sy het al gepraat van haar sleggatman los vir my.

Maar ek het nie daai sentiment gedeel nie en kon darem elke keer ’n verskoning maak.

Ek mean maar, Antie, dit was verkeerd van my om my vrou te verneuk, maar ek is steeds lief vir haar en nie bereid om te skei nie. Net voor lockdown het ek en die skelmpie ’n moerse uitval gehad waarin sy gedreig het om bos te los.

Sy was so dom dat sy nie besef het dat sy haar eie huwelik ook in gevaar plaas nie.

Luckily het lockdown haar planne deurmekaar kom maak, want ons was mos toe nie meer by die werk nie.

Maar die vrou pes my elke dag. Dis SMS’e. Dis Please Call Me’s. Dis WhatsApp video calls.

My vrou begin al skimp dat hierdie kollega van my darem baie oor werk is. Daar is tye dat sy bel wanneer ek nie net kan opstaan en die oproep buite kan gaan beantwoord nie.

Gelukkig weet sy nie waar ek woon nie, maar my base praat nou van weer begin klaarmaak om werk toe te gaan. En dan gaan die rook begin te draai. Hoe maak ’n mens met so ’n las, Antie?

Ek mean maar, dit was mos maar net seks. Niks minder nie, niks meer nie. Bekommerd, WhatsApp

Antie weet nie of hierdie ’n poging van jou is om simpatie te soek nie, want ek kan jou nóú al sê jy soek op die verkeerde plek.

Jou arrogansie en gebrek aan spyt oor dit wat jy aan jou arme vrou gedoen het, is om van te kots.

Daar is g’n skaamte by jou nie. In fact, jy is nou eerder spyt jou lockdown staan einde se kant toe, want die tyd kom vinnig nader dat jy weer jou skelmpie sal moet face.

Moenie vir jou onskuldig kom staan en hou en maak asof daai vrou se knaendheid net van een kant af kom nie.

Jy was nét so spuls soos sy en julle het jul wedersydse slegtigheid probeer justify deur jul partner swak te maak.

En nou bevind jy jouself in ’n situasie waar hierdie girl ernstig raak en dinge lelik deurmekaar gaan krap in jou huwelik. Die waarheid kom altyd uit. Buckle up, dit gaan ’n rowwe ride vir jou wees.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters