2 maande gelede
Ou oorweeg onderhoud ná dogter weer teleurstel
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK HET ’n 18-jarige dogter wat skool verlaat het in graad 9.

Ek het haar laat aandklas loop, maar toe skop sy dit ook op as gevolg van ’n kêrel. Moet ek steeds onderhoud betaal? – Ontevrede Pa, WhatsApp

As Antie die wet reg verstaan, word ouers verplig om maintenance te betaal totdat so ’n kind self-supporting is.

Wat duidelik is, is dat jou dogter tans sonder enige support besig is om haar toekomsplanne in die wiele te ry, en dit oor ’n outjie.

As ouers gee ons egter nooit moed op nie en hou aan probeer totdat hulle die lig sien en besef hoe belangrik hulle future is. Daar kan egter ook nie van jou verwag word om aan te hou maintenance betaal totdat Petrus die haan 18 maal hoor kraai nie.

Gaan sien ’n lawyer en vind uit watter opsies tot jou beskikking is.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters