4 maande gelede
Ou nog baie lief vir sy slaansak-girl
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS ’n 21-jarige man en sit met ’n probleem.

Antie, ek is nog verlief op die meisie met wie ek uitgegaan het.

Sy het my gelos omdat ek haar geslaan het.

Sy het toe twee aande agter mekaar omgang met ’n ander man gehad en toe ook met my geseks.

Sy sê sy is nog lief vir my en wil my nog ’n kans gee, maar wil nie in ’n verhouding wees waar sy geslaan word nie.

Gee raad, asseblief. – Deurmekaar, WhatsApp

Wanneer ’n man sy hand vir ’n vrou lig, behoort dit die einde van daai verhouding te wees.

Veels te dikwels is die eerste hou die begin van ’n lewe van abuse.

Dit is mos clearly waarvoor dié meisiekind bang is en waarom sy jou nie weer ’n kans wil gee nie.

Maar sy sien darem kans om seks met jou én iemand anders te hê.

Dis iemand anders wat kan maak dat jy uit jaloesie weer control verloor en jou hande vir haar lig.

Wees tog eerlik met jouself. Selfs al kom jy en hierdie meisie weer bymekaar uit, gaan jy altyd wonder oor die ander man – of hy beter in die bed was as jy en of hulle nie dalk steeds mekaar agter jou rug sien nie.

Hoekom dus nie maar dinge beëindig en aanbeweeg nie?

Jy is nog jonk. Vir nou kan jy leer dat jou vuiste nie vir jou gegee is om aan vroue te slaan nie.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters