Verlede maand
Ou met dwalende oë het nou skuldgevoelens
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS gelukkig getroud met ’n wonderlike, nederige vrou wat alles in haar vermoë doen om my in alle dinge gelukkig te hou.

My probleem is dat my oë dwaal en by tye is ek baie katools.

Ek het laas jaar met my vrou se dronk vriendin gecheat nadat sy my verlei het.

Die geleentheid het vinnig gebeur en my onkant gevang.

Hoewel die seks orgasmies was, het dit vir my niks beteken nie.

Die probleem is die dame teister my nou en lok my na haar huis.

Ek lus haar weer bykom, maar ek is te bang dat liefie daarvan te hore sal kom, hoewel sy nie weet van ons eerste sekskapades nie.

My gedagtes word oorgeneem deur skuldgevoelens.

Bombardeer my met raad, asseblief. Confused van PE

Nogals vir jou met raad bombardeer, terwyl jy eintlik met klappe oorval moet word.

Kykie, daar is nie eintlik salf aan jou te smeer nie. Selfs Vicks gaan ’n vermorsing van tyd wees.

Geen regdenkende man met so ’n liewe vroutjie sal haar verneuk nie.

As jy spuls van geaardheid is en ’n dwalende oog het, behoort jou oë na jou vrou te dwaal. Nie na ’n vriendin van haar wat jou kamma-likes verlei het nie.

Jy was net so game en is eintlik steeds. Jy’s net bang dat jou vrou hierdie keer van jou dinge sal uitvind.

Die casino’s is nou toe, maar dit keer nou nie om met jou huwelik te dobbel nie.

Jy tender vir iets wat kon gebly het.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters