2 maande gelede
Ou maak stinkie swanger
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS nou in daardie sta­dium van my lewe waar ek nie meer mans gaan entertain nie.

Antie, niks wat ek ooit vir enige van my boyfriends doen, word waardeer nie.

Ek gaan uit my pad om hulle happy te hou, maar dan stel hulle my teleur.

Ek het nou onlangs opgebreek met ’n ou met wie ek drie jaar uitgegaan het.

Hy was my alles, en ek het my alles vir hom gegee.

Maar toe begin hy my two-time met al wat ’n meid is. Antie, ek het hom al ’n paar keer afgesê, maar dan huil hy snot en trane en belowe hy is klaar met daardie dinge.

Elke keer het ek vir sy verskoning geval – totdat hy ’n meisie in my straat pregnant gemaak het.

Antie, dié meisie lyk nie eens lekker nie en dra verskillende wigs.

Verder ruik sy altyd na sweet en sy het elke tweede dag dieselfde toppie aan.

Ek kon nie glo dat hy met hierdie meisie op my gecheat het nie en ek het hom finaal afgesê.

’n Week later het ek vir D ontmoet. Hy is supersexy en het spiky hare.

Hy het net geweet watter woorde om te gebruik om my sag te maak.

Maar toe ek agterkom hy wou eintlik net by my slaap, het ek hom die deur gewys.

Waarom is outjies so seksbehep, Antie? Klaar met Ouens, Whats­App

Liefie, in hierdie lewe leer ’n mens ongelukkig op die harde manier dat daar altyd kansvatters sal wees.

Hulle gooi mos maar altyd hulle hoek in – met of sonder aas – in die hoop dat ’n naïewe bakvissie daaraan sal byt.

Dit maak nie saak hoe groot ’n sekere meisie se wig collection is nie, as sy bereid is om ’n ou te gee wat hy wil hê, sal hy vir daai meisie gaan.

Natuurlik sê ek niks teen wigs nie. Antie wil darem ook nie nou vir Wig Lovers Anonymous op my case hê nie.

Hoe dit ook al sy, jy het nie ’n outjie nodig om gelukkig te wees nie. Hou op om net hierdie ouens te bederf. Spoil ’n slag jouself. Doen dit wat jou – en nie ander nie – gelukkig maak.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters