18 dae gelede
Ou los girl en kind vir eks
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS J van G en ek en my outjie, B, het ’n kind saam.

Ons was sewe jaar saam en was baie lief vir mekaar.

Maar vandat sy eks terug is ná meer as 10 jaar, is hy weer saam met haar en het my soos ’n warm patat gelos.

Antie, ek is nog baie lief vir hom en ek haat daai meid soos gif.

Wat die seerste maak, is dat hulle twee saamwoon. Wat van my en ons kind?

Moet ek aanbeweeg of vir hom wag ter wille van ons kind?

Hy is baie lief vir sy kind.

Gee raad, asseblief.

H’mmm, maar hy was nie só lief vir sy kind dat hy bereid was om by die ma te bly nie.

Liefie, ’n kind maak nie dat ’n man in ’n verhouding bly of gly nie. ’n Man bly of gly oor hy wil ... meestal wil gaan sleg wees.

Jy kan nie jou lewe op hold sit en wag totdat hy moeg is van huisie-huisie met die ander meisie speel nie.

Hy wou wegkom van die responsibilities om ’n parent te wees.

En mark mywords, hy gaan eers terugkom as daai verantwoordelikhede minder is. Of as hy hoor jy het ’n ander outjie.

Jy is nie ’n phone call wat op hold geplaas moet word nie.

Move aan met jou lewe.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters