Verlede maand
Ou kry g’n seks en net R150 sakgeld van pay
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS 28 jaar getroud en het drie kinders van wie twee ’n goeie werk het.

Maar ek moet my pay net so afgee en dan kry ek op die meeste R150 sakgeld vir die maand.

My vrou kan nie met geld werk nie en met ons huislike sake kan sy ook nie werk nie. Sy wil die huis run, maar sy kan nie. Ek moet alles doen met my bietjie sakgeld.

Sy force my om kerk te loop en my te bekeer.

Antie, ek kan nie meer nie. Ek voel nou al jare lank vasgevang in hierdie huwelik.

Ek kan nie my lewe geniet nie. Naweke sit ons twee alleen by die huis en gaan slaap saans vroeg.

As ek seks wil hê, moet ek hoor haar hormone is nie reg nie.

Ek hou baie van seks, maar word dit geweier.

Wat moet ek doen? Die kinders gee geld uit soos wat hulle lus het.

Maar hulle het kamma ook nooit geld nie. My vrou koop elke dag net iets vir die aand. Dis nou al jare dat sy so maak en sy shopping nie een keer vir die hele maand nie. Sy werk ook.Moedelose Hubby, WhatsApp

Oooh ... Who lives in a pineapple under the sea?

Maar ten minste het SpongeBob darem sy eie square pants in sy eie huis gedra.

Jy moet ophou dat jou gesin jou so ’n kop aansit.

As jy nie happy is met hoe dinge in jou huishouding gerun word nie, moet jý jou mond oopmaak. Sê hoe jy oor dinge voel en neem standpunt in oor sekere dinge.

Jou kinders moet weet hulle ouerhuis is nie die Reserwebank nie. Hoe gaan hulle eendag hulle eie lewens lei as Mammie en Derra vir als moet regstaan?

En wat vroulief betref, het jy haar te veel power gegee om haar eie koor te stig en selfs te begelei?

Dis egter nog nie te laat vir ’n comeback waar jy ook meer van ’n sê kan hê oor jou eie pay en ander dinge wat jou raak nie.

Maak ’n spaarrekening oop en laat jou salaris dáárin betaal. Want wat kan die family tog van jou af wegvat as jy nie hoes nie?

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters