23 dae gelede
Ou kry ál die voordele, maar gee my nie ring
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK HET nooit gedink dat ek eendag ook aan Antie se deur sal klop vir raad nie. Maar daar’s ’n eerste keer vir alles.

Ek en my boyfriend is albei in ons laat 50’s en is albei geskei.

Ons is al ’n hele paar jaar in ’n verhouding. Ons doen alles saam wat getroude mense doen.

Ek voel net dis reg dat ons die verhouding na die next level toe vat.

Antie, ek sit nie pressure op hom nie, maar wonder of hy eendag met my gaan trou.

Hy kry al die voordele van ’n getroude man. Of dink Antie hy is bang om sy pakkie met my te share?

Ek buig agteroor vir die man. Hy verdien ’n goeie salaris en het nie kinders wat hy moet onderhou nie.

Ek het hom eenkeer gevra of hy darem eendag met my sal trou, toe word die man asvaal. Hoe maak ek in so ’n situasie? – Wil Weer Trou, Whats­App

Antie dink nie dit gaan daaroor om sy pay-pakkie met jou te deel nie. Jy sou dit lankal agtergekom het as dít die geval was.

Ek vermoed hy is bang om weer eendag in die skeihof te eindig.

Niks op hierdie aarde hou vir ewig nie, maar wanneer ’n mens “I do” sê, is die veronderstelling daar dat dit gaan wees totdat die dood julle skei.

Dalk is hy bang om homself weer deur die trauma van ’n moontlike egskeiding te sit.

Antie sê nie dit gaan met ’n volgende huwelik weer albei van julle se paadjie wees nie, maar die dag toe julle getrou het, was skei die laaste ding op julle mind.

Al een wat antwoorde kan verskaf, is hy. Pleks van net vaal in die gesig trek, moet hy eerlik met jou wees en sy gevoelens oor ’n toekomstige troue met jou deel.

Dan moet jy besluit of dit ’n dealbreaker vir jou is.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters