4 maande gelede
Ou klaar met haar ná een aand van seks
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK HET verlief geraak op die vrind van my kids se pa, Antie

Ek en my kinders se pa is al 25 jaar saam en ons het vier kinders. Hy is 20 jaar ouer as ek.

Ons het al een keer seks gehad en hy het my gesê hy voel dieselfde oor my.

Ons het drie maande lank ’n verhouding gehad en my lewe het om hom gedraai.

Hy het my belowe sodra dit Desembermaand sou raak, gaan ons twee weg.

Ek het net vir hom gelewe en elke dag se mooi boodskappe van hom.

My kinders se pa het uitgevind en sy vriend weggejaag, maar ek en hy het nie opgehou chat nie.

Maar ons het net een keer seks gehad, want dit was altyd onmoontlik om mekaar alleen te kon sien nadat my kinders se pa daarvan kennis gedra het.

Hy het eendag net vir my ’n boodskap gestuur dat hy klaar is met my.

Maar onlangs stuur hy my ’n boodskap en vra of ek kwaad is vir hom. Dít nadat hy my ’n tyd lank geïgnoreer het.

Ek kan nie anders as om te wonder of hy ooit lief was vir my nie.

Ek was bereid om alles te los en ’n slag net aan myself te dink. As ek en my kinders se pa seks, dan wens ek dit was sy vriend.

Die ou met wie ek geseks het, is Xhosa. Ek is tans swanger.

My kinders se pa het gesê as dit ’n swart baba is, dan moet ek gaan. Gee raad, asseblief. M van S, WhatsApp

Liefie, ongelukkig kan jy nie the best of both worlds hê nie.

Aan die een kant is daar die ouer man wat jou stabiliteit bied, en aan die ander kant die jonger stoetbul wat jou maybe sexual pleasure kan bied.

Maar op die ou einde gaan dit nie net oor jou en jou needs nie. Daar is kinders wat ook consider moet word.

Vier van hulle. Om nie eens te praat van die enetjie wat nog op pad is nie.

Met ander woorde, jy is 40 jaar oud, een van die dae ’n ma van vyf, en dan hang daar nog ’n swaard oor jou kop oor die kwessie of jy nie seker is vir hoe lank jy ’n dak oor jou kop gaan hê nie.

Antie was nog nooit goed in wiskunde nie, maar as ek my somme maak, was jy maar 15 jaar oud toe jy met jou kinders se pa deurmekaar geraak het, en na alle waarskynlikheid nog op skool.

So jonk soos wat jy destyds was, was dit jou besluit om jou jeug op te gee.

Veels te dikwels is daar kinders in hierdie lewe wat die vrugte wil proe wat bedoel is vir volwassenes en jare later wil hulle gedagte kry dat hulle nooit hulle jongmenslewe geniet het nie.

Antie het ’n lang gesprek met jou oor hierdie issue gehad en dis duidelik dat jy alles nét so sal los en met hierdie man sal wegloop as hy dit sou vra.

Maar jy moet onthou dat jou kinders ook nie gevra het om hier te wees en deel van hierdie situasies te wees nie.

Hou op jou lewe meer compli­cated maak as dié van Brooke van Bold.

Jy wil nie eendag diep spyt wees as jou kinders jou nie meer as hulle ma wil erken nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters