19 dae gelede
Ou is nou al vir 11 jaar useless
Auntie Mona
Auntie Mona  ~ ~

Liewe Antie Mona

EK KRY die gevoel my boyfriend­ verneuk my.

Antie, ek het al stories gehoor oor hom, maar hy ontken dit. Ons is al 11 jaar saam, maar in hierdie tyd het hy nog niks vir my gedoen nie.

Ek het in 2017 my werk verloor en hy het alles by my gekry. Maar nou is ek niks in sy oë nie.

Hy sê ek is die een wat hom verneuk en as hy uitvind ek verneuk hom, gaan hy my doodmaak.

Ek is moeg van dié verhouding. Dis nutteloos en beteken niks vir my en my kids nie. – Moedelose Girlfriend, WhatsApp

Meisa, so hoekom kasty jy jou al 11 jaar lank? Jy moes al besef het niks gaan verander nie.

Jy kla, kla, kla en is diep ongelukkig, maar doen nie iets daaraan nie. Jy hoef nie sielsongelukkig deur die lewe te gaan nie.

Jy hoef nie sy stront te vat en klein te speel net omdat hy jou met sy geld vermaak nie. En moenie glo g’n ander man gaan in jou belang stel en jou vat met kinders en al nie.

Jy hoef nie so ’n jong in jou lewe te hê om te voel jy beteken ook iets nie.

Laat Antie jou nou een ding vertel wat nog nie twee minute gaan vat nie: Daar is nie ’n klakous-toekenning hierdie jaar nie. Maar benoemings vir die do-it-yourself-toekenning is nog oop.

Kry jouself op hierdie lys. Skryf jouself in. Herskryf jou destiny.

Kla gaan jou die volgende 11 jaar ook niks in die sak bring as jy nie nóú iets aan jou unhappiness doen nie. Happiness is ’n keuse.

Jy het niemand se toestemming daarvoor nodig nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters