23 dae gelede
Ou is confused oor situasie met sy crush
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK HET ’n crush op ’n wonderlike meisie met twee kinders.

Ek het haar gesê dat ek sterk feelings vir haar het en haar gevra wat sy hiervan dink.

Antie, sy het vir my gesê dat sy niks te sê het nie.

Die feit dat sy my nie ’n straight antwoord kan gee nie, maak my baie confused.

Dit is nou al ’n hele ruk lank dat ek baie dinge vir haar en haar kinders doen.

Moet ek opgee, of aanhou probeer? Confused, Whats­App

Liewe mens, haar reaksie laat ’n mens wonder, nè?

Dit laat vir Antie veral wonder of jy nie dalk maar net aan ’n lyntjie gehou word nie omdat jy dan so baie vir haar en die kinders doen.

Wanneer jy iets vir iemand voel, speel jy mos nie kat en muis met sulke feelings nie.

Antie dink hierdie meisie weet nie hoe om jou te sê dat sy jou as niks anders as ’n baie goeie filantroop van ’n vriend sien nie.

Dis tyd dat jy so ’n bietjie wegbreek en jou eie lewe begin lei. Een waar jy hopelik iemand gaan ontmoet wat oor jou sal voel soos jy oor haar.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters