21 dae gelede
Ou hou van sy daaglikse dosis porn by die werk
Auntie Mona
Auntie Mona  ~ ~

Liewe Antie Mona

EK HET onlangs agtergekom ek is verslaaf aan porn.

By die werk kyk ek heeldag porn en as ek kans kry, masturbeer ek in my lunch-tyd.

Ek is baie lief vir my vrou, maar my lus vir haar het nou verdwyn.

Ek’s saans te moeg om intiem met haar te verkeer.

Ek het agtergekom dat porn my toelaat om my fantasieë uit te leef met dinge wat ek nie met my vrou kan doen nie.

Nou verkies ek porn bo die plesiergrot en dit maak my bang.

Gee raad, asseblief, Antie. Lief Vir Porn, WhatsApp

Antie weet nie watter fantasieë jy eintlik uitleef nie, want jy kyk dan maar net hoe ander pomp en dan vat jy jou hand vir ’n uitstappie.

Glo dit of nie, maar porn-verslawing is ’n realiteit waarmee baie struggle.

Soos jy nou agtergekom het, gaan dit nie oor ’n fees vir jou oë nie, maar die probleme wat jy in jou persoonlike en werkslewe kan skep. Baie maatskappye het ’n internetbeleid wat die kyk van enige vorm van pornografie verbied.

You never know, maar jou werkgewer weet beslis watter sites jy besoek en is na alle waarskynlikheid besig om bewyse teen jou te ver­samel. Jy kan jou werk hieroor verloor.

En nie net jou werk nie, maar jou huwelik kan ook in die gedrang kom.

Jy sien dan nou al klaar dat jy emosioneel en fisiek afgestomp teenoor jou vrou voel. Een van die dae gaan sy jou hieroor konfronteer en dan gaan die dinges spat.

Jy begin klaar besef dat jy ’n probleem het. Dis ’n goeie eerste stap.

Nou is dit tyd dat jy hulp vir hierdie probleem van jou kry. Wat jy nou nodig het, is ’n helpende hand. Nie ’n hand om aan jou eie bodem-boesem te slaan nie.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters