10 dae gelede
Ou het gelieg vir God voor kansel
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

NOOIT het ek kon dink ek sou eendag aan Antie skryf nie.

Ek is verlief op iemand in ons kerk.

Ons het vyf maande ’n fling gehad. Toe besluit sy om alles te stop omdat ek getroud is.

Die ding is, Antie, ek was op die punt om my vrou te los vir haar, want ek het verlief geraak op haar en dinge het so vinnig gebeur.

Sy wil nie hê ek moet my vrou vir haar los nie, maar ek kan nie sonder haar nie.

Ek is nog net getroud op papier en wil nie meer by my vrou wees nie.

Die ander vrou maak my baie gelukkig en ek is bereid om alles op te gee vir haar.

Maar sy wil niks verstaan nie.

Help, asseblief. – via WhatsApp

Dié meisie wil nie bekend staan as die een wat jou huwelik laat verbrokkel en tussen jou en jou vrou gekom het nie.

Jy weet tog hoe die mense kan skinder en hulle sal beslis oor jou buite-egtelike verhouding gis.

Toe kry sy koue voete voordat die bom bars en voordat al wat kerksuster haar in julle kerk met olive oil wil attack.

Owerspel is nie speletjies nie. Dit is ’n spel van hartseer, ontnugtering en die ontmaskering van iemand wat jy gedog het jy ken.

Dís hoe dit vir jou vrou sal voel wat tans van geen sout of water weet van jou jol-grille.

Niemand bly in Glaskasteeltjie Avenue­ nie, so niemand het die reg om jou te judge nie.

Maar Antie wil hê jy moet mans genoeg wees om jou eie optrede te judge, om jouself in die spieël te face en te vra of dit reg is wat jy aan jou vrou doen.

As jy niks vir jou vrou voel nie, gun haar die kans om iemand te vind wat haar sal waardeer vir die juweel wat sy is.

Doen dit omdat jy eerlikwaar nie meer iets vir haar voel nie en eintlik maar tydens julle vows blatant gelieg het vir God.

Nie omdat daar iemand anders is nie. Maar oor jy mos wil.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters