16 dae gelede
Ou getroude verlang na ander girl van destyds
Antie Mona
 ~ 

Liewe Antie Mona

EK HET lank gewik en geweeg of ek aan Antie moet skryf. Maar hierdie is iets wat ek nie langer vir myself kan hou nie.

Ek is getroud. Al 19 jaar.

Ek moet eerlik wees dat my vrou nie my eerste keuse was nie. Daar was destyds ’n ander meisie.

Maar my vrou was swanger en ek wou die regte ding doen en het toe met haar getrou.

Twee ander kinders is ook uit hierdie huwelik gebore, maar soos wat die jare aangestap het, het ek net meer en meer besef dat my hart nie by hierdie vrou en in hierdie huwelik is nie.

Maar wat kon ek doen? Ons kinders was nog klein en hoewel ek nooit regtig iets vir hulle ma gevoel het nie, was ek nog altyd lief vir my kinders.

Hulle het my altyd die strength gegee om in hierdie huwelik te bly.

Maar daai ander meisie was maar nog ál die jare op my mind. Sy was soos iets wat by my gespook het.

Sowat twee jaar gelede het ek ook op Facebook gekom en ’n ruk daarna haar gesien by “people you may know”.

Antie, my hart het gebokspring. Ouer is sy nou wel, maar net so pragtig soos altyd.

Ek het dadelik geweet dat dit sy was, want daai engel-gesig sou ek nooit kon vergeet nie.

Ek was lucky genoeg om by haar profile in te kon gaan en het toe gesien dat sy ook getroud is.

Ek was diep teleurgesteld, maar ek kon mos darem nie expect dat sy vir altyd single sou bly nie.

Ek het haar ’n boodskap gestuur en tot my verbasing het sy ’n paar dae later daarop geantwoord.

En so het ons toe begin chat, en later nommers uitgeruil sodat ons op Whats­App verder kon gesels.

En hét ons gesels! Ons het oor ons huwelike begin praat en dis waar ek agtergekom het dat sy nie gelukkig in haar huwelik is nie.

Hulle het nie kinders nie en sy sê haar man verwyt haar en skel haar allerhande lelike goed uit oor sy nie kinders kan kry nie.

Hy het sover gegaan om ’n kind in hulle huwelik te maak.

My hart het gebreek toe sy my dit vertel en ek het so gewens dat ek haar op daai oomblik kon vashou.

Vibe

Sy was ’n bietjie skaam aan die begin, maar ons het ná ’n paar maande koffie gaan drink en dadelik gekliek.

Daar is ’n vibe tussen ons. Ek voel dit en is seker sy het dit ook al agtergekom.

Sy het een keer gevra hoekom ek haar nooit destyds uitgevra het nie. Wat kon ek sê?

Ek het mos nie geweet dat die lewe so sou uitdraai nie.

Anyhow, my gevoelens word by die dag sterker vir haar.

Ek dink aan haar elke liewe sekonde van die dag.

Antie, dis nou al so erg dat ek nie eens meer met my vrou wil slaap nie. En as ek en my vrou wel seks, dan dink ek aan hierdie ander dame.

Ek wens ek was saam haar, maar ek dink aan my kinders. Een gaan nou studeer en die ander twee is nou maar kort op hoërskool.

Maar dit frustreer my. Moet ek weer my toekomsplanne op hold sit ter wille van my kinders?

My vrou verstaan nie wat verkeerd is as ek so gefrustreerd is nie. Sy is ’n lieflike mens en wonderlike ma vir ons kinders. Ek kan nie daaroor stry nie.

Dis net dat daar nooit ’n spark tussen ons was nie en die spark in my hart behoort aan ’n ander vrou.

My lewe is ’n gemors. Hoe deal ek met alles? Hoe maak ek myself wys dat dit in die belang van almal is om in ’n huwelik te bly waar ek elke dag ’n bietjie meer en meer doodbloei van verlange na ’n ander vrou? –Raadop Man, e-pos

Vanuit jou mini-omnibus van ’n brief kan Antie aflei dat hierdie ’n saak is waaroor jy al lank wroeg.

Soos wat jy nou agtergekom het, kan ’n mens nie liefde lay-by en hoop dinge sal eendag uitwerk nie.

Weet jou vrou hoe jy voel? Dat jy voel jy’s (van jou kant af) al jare in ’n liefdelose huwelik vasgevang?

Daar is baie dinge om te consider. Hierdie is ’n saak wat nie net jou en jou feelings raak nie.

As jy voel dis tyd dat jy jou happiness ook vir ’n slag consider, is dit net fair dat jy jou vrou ’n slag inlig oor hoe jy waarlik ná ál die jare voel.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters