Verlede maand
Ou gaan elke keer terug na ekse en kry seer
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS J van P en daar was ’n tyd dat ek my eks vir drie jaar nie gesien het nie.

Sy het nou die dag met ’n taxi uit die Kaap gekom en ons het mekaar weer begin sien.

Ek voel absoluut niks vir haar nie, maar gaan tog aanmekaar terug na haar toe.

Sy sê sy is lief vir my, maar ek weet dan nie hoe om te respond nie.

Sy het ’n kind van ’n man in die Kaap en apparently wil sy nou einde Julie terug Kaap toe gaan, want sy het ’n werk daar gekry.

Ek weet nie hoe om die situasie te handle nie. Sy bly huis toe kom, maak my happy en neuk dan weer weg vir ’n paar jaar.

Dan hoor ek niks van haar totdat sy weer terugkom nie.

Ek is nou al vier jaar single en bly na my ekse toe teruggaan.

Is ek getoor of wat? – J van P, WhatsApp

Die mense wat kastig so goed in toor is, kan dan nie eens die Lotto-nommers los toor nie, so dít is beslis nie die issue nie.

Antie dink jy set jouself elke keer op vir disappointment deur terug te gaan na die mense wat jou teleurstel.

Hierdie meisie kom al ’n paar jaar vakansie hou by jou as dinge te veel vir haar raak in die Kaap.

Dan, wanneer dinge afgekoel het, gaan sy terug na die familie wat sy het.

Jy is haar fall-back guy. Die een op wie se knoppie sy druk as sy liefde, aandag en die platteland se vars lug soek.

Dis tyd om te let go en aan te beweeg. Jy sê self jy voel niks vir haar nie, so, wat laat jou elke keer terug na haar gaan? Lus?

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters