19 dae gelede
Ou dagdroom al oor jonger girl
Auntie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK WEET nie of dit verkeerd is om so te voel nie, maar ek is verlief op iemand wat jonger as ek is.

Elke dag dink ek aan dié persoon.

Ons het saam gekuier en bymekaar geraak, soos in intiem, maar dan is daar tye wat ek baie werk en haar min sien.

Ek gaan kuier vir my vriend as hy my vir ’n weekend nooi en dan is sy daar.

Sy het een kind. Ek het ook kinders, maar ek en my kinders se ma is al twee jaar nie meer saam nie.

Ek drink en sy vat self ietsie. Sy is ordentlik, netjies en altyd on point.

Ek is crazy oor haar. Ek is self nie perfek nie, maar ek kan haar nie uit my gedagtes kry nie.

Ek hoop sy dink aan my soos ek elke dag aan haar dink.

Antie, wat moet ek doen? M van G

Jy sal dié meisie moet opraap voordat iemand anders dié diamant raaksien – dít is wat jy moet doen.

Antie verstaan nie. Wat keer jou? Werk is nie ’n verskoning nie en julle albei is single en meer as ready to mingle.

Moenie net dagdroom oor dié meisie nie: Maak ’n move.

Moenie wag totdat dit te laat is en ’n ander man sy kans waag nie.

As jy gat snooze, gat jy lose.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters