Verlede maand
'Onskuldige geflirt' lei tot groot moeilikheid
Auntie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS M van B en het eenkeer geflirt met ’n outjie wat in my pad bly.

Maar ek het ’n boyfriend saam met wie ek bly.

Antie, die ander ou bly moeilikheid maak en orals waar hy my boy­friend sien, wil hy met hom baklei.

Hy het gevoelens vir my gekry, maar ek is baie lief vir my boyfriend.

Ek is ook nie bereid om my boy­friend te los vir hierdie ander outjie nie.

Wat maak ek?M van B, WhatsApp

Liefie, Antie dink nie daar is iets soos ’n onskuldige geflirt nie – soos wat jy nou agtergekom het.

As jy so lief vir jou boyfriend is soos wat jy nou hoog en laag sweer, moes jy in die eerste plek nie hierdie outjie aangemoedig het nie.

Die arme drommel glo nou vas dat hy ’n kans by jou staan – as hy net jou boyfriend uit die pad kan kry.

Ek weet nie wat jy aan hierdie outjie gesê het nie, maar dis duidelik dat hy glo hy staan wel ’n kat se kans by jou.

Voor die situasie lelik uitdraai, stel Antie voor dat jy hierdie ou once and for all laat besef dat jy nie in hom belang stel nie.

Hoe jy dit gaan doen, sal jy alleen weet.

Jy sal daai magic moet undo wat hom laat glo het dat hy ’n kans by jou staan.

As jy nie verdere probleme in jou lewe wil hê nie, sal jy vinnig moet opkom met ’n way om hierdie ou van jou rug af te kry.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters