19 dae gelede
Ons speen al ag jaar, maar moet nog meet
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS in ’n verhouding met E van PE. Ek bly in Uitenhage.

Ons ken mekaar al ag jaar, maar ons het nog nooit ontmoet nie.

Elke keer as ons moet ontmoet, dan val daar iets voor, of sy het goed wat sy moet doen.

Dit kom al ’n lang tyd so aan. ’n Mens kan maar sê dis elke jaar se storie.

Elke jaar lyk dit ek is die een wat alleen swaarkry in hierdie verhouding.

Sy sê sy is lief vir my, maar vir my lyk dit nie so nie.

Ek het gevra dat sy vir ’n week saam met my moet wees, maar sy sê ons kan nie in sonde leef nie.

Ek gaan mos net visit, nie om te bly nie. Gee my raad, asseblief, Antie. Ek is al anderkant raadop. – E van UTH, WhatsApp

Ag jaar in ’n verhouding en julle het nog nooit ontmoet nie?

Liefie, hierdie is mos nie ’n verhouding nie.

Kan dit wees omdat sy iets het om weg te steek? Iets soos ’n hubby of ’n boyfriend?

Watter ander rede kan daar dan wees dat sy al die afgelope ag jaar met die een verskoning ná die ander kom?

Jy is al amper 3 000 dae in ’n verhouding met ’n meisie wat jy nog nooit ontmoet het nie.

Het jy al só daaraan gedink?

Wil jy eers 50 000 dae met hierdie meisie “uitgaan” voordat julle ontmoet?

Nee, wat. Antie dink jy moet eerder maar vir jou ’n meisie kry wat net om die draai van jou bly.



Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters