8 maande gelede
Ongelukkige vrou smag steeds na die liefde
 ~ 

Liewe Antie Mona

Ek weet nie hoekom ek so ongelukkig is wat die liefde betref nie.

Ek verloor twee keer die liefde van my lewe.

Ek het op 20 getrou, maar die huwelik het net 4 jaar gehou.

Ek het weer na 24 jaar getrou, maar ek is nou ’n weduwee.

Ses maande ná my man se dood het ek weer iemand ontmoet, maar dit het net vier jaar gehou.

Ek is so lief vir daai ou, maar hy speel speletjies met my.

Ek word in April 54 en hy is 48.

Ek is nog so vol liefde en smag daarna. – via WhatsApp

As daar op 48-jarige ouderdom speletjies gespeel wil word, dan moet jy besef dat sy verstand eintlik vier plus agt jaar oud is.

En ongelukkig is daar nie op sy ouderdom meer ’n ding soos ’n aanpassingsklas nie.

Vrou, die tyd het aangebreek dat jy ’n bietjie van hierdie klomp liefde wat jy het op jouself stort.

Vat dinge ’n slag rustig. Moenie liefde jaag nie.

Laat die liefde sonder ’n koors­agtige gejaag na jou kant kom.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters