5 dae gelede
Nuwe sel laat hom wonder of sy vrou jol
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

MY VROU moet die gelukkigste vrou in die wêreld wees, want ek gee haar alles wat sy in ’n man wil hê.

Of, eerder, wat ander vrouens begeer. En dis alles emo­sionele en materiële goed.

Ons is nou 15 jaar getroud en vir die 15 jaar kan ek sê ek het nog nie een vrou bygekom behalwe vir haar nie.

Antie, my vrou het my nog nooit afgeskeep in die bed nie, al is sy bloedkwaad vir my. Maar as ek mooi vra om liefde te maak, dan maak ons lekker liefde. En dan gaan slaap ons en môre is ons weer op dieselfde bladsy.

Maar, Antie, ek het nou so ’n paar maande gelede net ’n snaakse gevoel gekry toe my vrou uit die bloute vir my sê ’n dame by haar werk het aangebied om vir haar ’n selfoon te koop.

Sy kry toe die selfoon en dis nogal ’n duur ene. Sy is oor die foon en ek mag nie daaraan raak nie.

Ek plug die foon een aand uit sy charger uit omdat dit vol gecharge is.

Sal sy my nie bespring nie en gil en my beskuldig dat ek op haar phone krap!

Ek was so verbaas dat ek skoon stil-stil weggeloop het.

So gebeur dit dat my SIM-kaart in my foon net klaar raak en niks wil doen nie.

Ek vra toe vir haar of ek solank daai phone se SIM-kaart kan gebruik tot ek my SIM swap gaan doen het.

Sy gee eers ’n klomp verskonings en lank daarna gee sy toe die SIM. Per ongeluk blok ek toe hierdie SIM, want daar was ’n PIN op.

Ek gaan toe na ’n selfoonwinkel toe om die probleem te fix.

Daar gee ek die kollega se naam as die een wat die phone laat RICA het, maar dit is toe nie sy nie. Die SIM-kaart is ook nie deur my vrou laat RICA nie.

Antie, ek konfronteer toe my vrou en wou die bewyse van betalings demand om te sien of hierdie kollega wel die selfoon gekoop het.

Maar ek besluit om maar beskaafd te wees deur eers die SIM-kaart se PUK te vra.

Nou het daar ’n herrie losgebars met hierdie kollega wat my ewe skielik van bedrog beskuldig en dat ek haar naam deur die modder wil sleep.

Toe vra ek vir proof dat hierdie kollega wel die selfoon gekoop het. Tot nou toe het ek niks gekry nie.

Ek kry die gevoel dat my vrou die kat in die donker knyp. Wat dink Antie? – Aan’t Wonder, WhatsApp

In vandag se tye weet ons mos dat wanneer iemand ’n fit wil kry as ’n ander mens aan hulle selfoon raak en heel geheimsinnig is, dat daar iewers iets nie pluis is nie.

Dis na alle waarskynlikheid wat hier aan die gebeur is.

Die identiteit van die koper van die betrokke selfoon hoef mos nie ’n staatsgeheim te wees nie.

Tensy hierdie kollega natuurlik nie die een is wat die selfoon gekoop het nie, en net cover vir jou vrou.

Die lewe is duur, geld is skaars. Watter vrou sal sommerso uit die bloute vir ’n ander vrou saam met wie sy werk ’n duur selfoon koop? Is hierdie vrou dan Vader Krismis se niggie?

Steek

Slegs ’n jagse mens wat geheime chats met ’n ander jagse mens wil hê, sal so iets doen.

Antie is jammer, maar jou vrou se hele gedrag spreek van iemand wat iets het om weg te steek.

Toe kom maak die kollega kamma-likes ’n bohaai en gee voor dat jy haar wil swak maak. Maar ek vermoed sy speel net so lekker saam.

Doen so ’n bietjie speurwerk en vind uit waarmee hierdie vrou van jou haar besig hou.

Probeer ’n bietjie uitvind met watter mansmense sy werk en wie die possible medepligtige in hierdie jollery is.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters