2 maande gelede
Nuwe ou het nie tyd vir sy meisie nie
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS M van W en het onlangs ’n verhouding aangeknoop nadat ek twee jaar lank single was.

Voor dit was ek drie jaar in ’n verhouding waarin ek verneuk is.

Die ding is, Antie, hierdie ou waarmee ek tans in ’n verhouding is, maak nooit tyd vir my nie.

Ek kry die gevoel dat hy nie in hierdie verhouding wil wees nie.

Hy het ook destyds in sy vorige verhoudings seergekry.

Wat my ook so laat dink, is hy belowe heeltyd om my te sien en tyd saam te spandeer, maar wanneer die dag aanbreek, kan ons mekaar nie sien nie.

Antie, wanneer ek commit, commit ek full-time, maar dit moet van albei kante kom.

Wat dink Antie? Is ek besig om die bobbejaan agter die berg te gaan haal, of hoe? Soek antwoorde, WhatsApp

Hoe kan jy maar pas in ’n verhouding wees, maar jy het nie tyd vir die ander persoon nie?

Iets klink vir Antie nie lekker nie, want wanneer die liefde nog so nuut is, kan couples gewoonlik nie genoeg van mekaar kry nie.

Jou skim boyfriend blyk egter die opposite te wees.

Dit is tyd dat jy hom sit maak en ’n gesprek rondom priorities en expectations het.

Wat is dit wat hy én jy uit hierdie verhouding wil hê? Só sal jy kan agterkom of dit enigsins die moeite werd is om in hierdie verhouding te bly.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters