9 maande gelede
Nuwe berk nou net skaars
 ~ 

Liewe Antie Mona

Ek is ’n 36-jarige vrou wat onlangs ’n 32-jarige man begin date het.

Maar nou in die laaste tyd is hy net skaars.

Ek dink hy lieg en sien iemand anders.

Ek raak somtyds so kwaad dat ek ál wat lelike goed is vir hom sê.

Wat moet ek doen? Ek wil hê hy moet eerlik met my wees.

My kids het hom ook aanvaar, maar ek weet nie wat sy probleem is nie. via WhatsApp

Dalk het hy koue voete gekry, dalk is daar iemand anders in die prentjie ...

Antie weet nie.

Hierdie is nie goed waaroor ’n mens kan raai nie.

Die enigste manier om agter die kap van die byl te kom, is om hom reguit hieroor uit te vra.

Sê vir hom jy voel dat julle eerlik met mekaar moet wees en nie mekaar se tyd moet mors nie.

Hopelik speel hy oop kaarte met jou.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters