19 dae gelede
Nommers uitruil was dalk nie so goeie idee
Auntie Mona
Auntie Mona  ~ ~

Liewe Antie Mona

SO ’N week gelede het ek en ’n kollega by die werk teenoor mekaar uitgepak oor ons probleme.

Hy het ’n vrou wat baie drink en ek het ’n man wat net so diep in die bottel kyk.

Antie, dit was die eerste keer dat ons mekaar se probleme so gedeel het.

Dit was eintlik heel onverwags, want voor dit het ons mekaar die meeste van die tyd net gegroet en nooit baie met mekaar gesels nie.

Dit was lekker om met iemand te praat wat in dieselfde bootjie sit, want ek weet nie meer hoe om die situasie met my man te hanteer nie.

Hy het ook gesê dat dit lekker vir hom was om bors skoon te maak. Ons het nommers uitgeruil vir moral support, maar ek weet nou nie meer of dit so ’n goeie idee was nie.

Hy’t gisteraand vir my ’n Whats­App gestuur en gesê hy sal dit likes om my uit te vat vir ete sodat ons meer oor ons probleme kan gesels.

Miskien verbeel ek my net, maar ek kry die idee dat dit nie hier gaan om oor ons probleme te gesels nie.

Antie, ek is nie gelukkig met die manier hoe my man elke naweek omsuip nie, maar ek is beslis nie van plan om dinge verder te kompliseer met ’n buite-egtelike verhouding nie.

Ek het hom nog nie geantwoord nie, want ek weet nie wat om vir hom te sê nie.

By die werk vermy ek hom nou, maar dit is nie altyd so maklik nie omdat ons onderskeie departemente baie kere saamwerk. – Confused, WhatsApp

Wanneer jy jou hart oopmaak teenoor iemand wat veronderstel is om jou situasie te verstaan, kan dit ongelukkig ander deure ook oopmaak.

Moet egter nie die situasie ignoreer nie.

Hierdie is die perfekte tyd om dinge met die kollega straight te stel en hom te laat besef jy is nie by dit nie.

Waak daarteen om persoonlike probleme in die vervolg te bespreek met mense wat net veronderstel is om jou kollegas te wees.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters