10 dae gelede
Niks sleg daaraan om met vriendin se ou te seks
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK EN my vriendin se outjie vry nou al ’n hele tyd agter haar rug.

Ons is vriende, maar nie eintlik so close nie.

Sy het jare gelede een van my ouens afgevry. Ek voel dus glad nie so bad oor wat ek aan haar doen nie.

Ons het al ’n hele paar keer seks gehad. Hy seks lekker en sê ek seks lekkerder as sy.

Ons doen alles wat mal is. Hy sê sy is soos ’n lyk in die bed.

Hy sê ál rede hoekom hy nog saam met haar is, is oor hy nie wil hê hulle kind moet sonder ’n pa grootword nie.

Ek vermoed nou ek is dalk ook swanger van hom. Ek het hom nog nie gesê nie, Antie.

Ek weet nie of hy bly sal wees oor die nuus nie, want hy kla altyd oor hoe expensive kinders is.

Ek wil maar eers seker maak van die pregnancy voordat ek hom sê. – MW, WhatsApp

Met sogenaamde vriende soos jy het ’n mens baie beslis nie vyande nodig nie.

So, jy seks lekkerder as sy kind se ma? Dink jy nie net dat hy hierdie woorde in jou oor fluister om jou panty-rek pal pap te kry nie?

As jy dan so tops in die slaap­kamer was, sou hy mos met jou gewees het. Dan nie?

Daai verskoning van hy wil nie hê sy kind moet sonder ’n pa grootword nie, is net ’n klomp bollie. As hy so concerned oor sy kind was, sou hy mos nie so rond­gemors het nie.

Hierdie ou misbruik jou net om dinge in die bed te doen wat sy meisie nie bereid is om te doen nie. Hy voel minder as verestoffers vir jou.

Vir hom is jy net iemand by wie hy sy rug in verskillende style kan leegmaak.

En die sad gedeelte is dat jy te dom is om dit te besef.

So, voordat jy jou verlekker oor jy so met jou vriendin se outjie kafoefel, besef net dat wat jy aan ander doen, ook eendag op jou menu kan wees ...

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters